Sleutels en salf vir ‘n geslote, gebroke hart / Keys and balm for a locked and broken heart

Ek het ‘n boetie
wat stukkend is
van jongs af
kon ek sien hoe hy breek
en voel hoe hy bloei

dit was naas
onmoontlik
vir hom
om te groei

en nou is hy groot
maar tog nog ‘n kind
en daarby
selfs nog meer
stukkend

Soos almal het ek
ook my struwels gehad
ek was skaam
dan alleen
seer
dan kwaad

Emosies was
die moeilik, verwarrende ding
meesal te groot
of verkeerd
veiligste was
om ‘n glimlag te bring

Dit gaan nie oor
blaam nie
wil niemand as skuldig
beraam nie

Al wat ek vra
is vir waarheid
en vryheid
daar is sleutels en salf
in elkeen se storie

So luister maar mooi
ook tussen die lyne
van woorde
die waarheid is soms
diep opgesluit
maar kan kom uit
onverwagte oorde.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s